Ek is Nog Hier – Lyrics

 

Nicholis Louw

 

Waar ek is kry ons nie koud nie, al is dit winter hier by jou
En dinge wat op aarde vergaan het, is dinge wat vir altyd hou
Hoe dit gebeur het maak nie saak nie, dis verby en als is reg
En tussen ons is als vergewe, want die sondaar is nou weg

 

En my hart behoort vir altyd nou aan jou
Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

 

Babe jy huil want jy verstaan nie, jy dink alles is verby
Maar ek’s nie in ‘n kis in die grond nie, en Liewe Jesus sorg vir my
Hoe dit gebeur het maak nie saak nie, ek’s jou engel ek kyk na jou
Hier waar ek is is geen trane nie, net die trane wat ek huil oor jou

 

Sien my hart behoort nog altyd net aan jou
Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

 

Jy verstaan nie hoe dit voel nie,
Om hier voor jou te kan staan
Maar ek mag nie met jou praat nie
Want ek praat nou ‘n ander taal……..Probeer verstaan

 

Want my hart behoort nog altyd net aan jou
ou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik
Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was
Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

 

 

Go back to the Funeral Songs page to find more beautiful songs for funerals