By: Juanita du Plessis
Stap kaalvoet saam met my, in die reën Op die spore van ons drome Net ek en jy alleen
En waar die son jou buitelyne laat ophou sal ek begin Wat jy gee sal ek neem, want ek en jy is een Jou skaduwee
Met elke hartklop volg ek oral op jou paaie, elke tree Deur droë woestyne deur die diepste, diepste waters Van die blou see En sou die strale van die son jou spore dofmaak Sal ek koelte gee My asem bly ‘n deel van jou Ek sal jou regop hou Jou skaduwee
Kom tel die sterre saam met my, elke aand In die melkweg lê ons drome en wag Dat ons dit kom haal
Maar die donker van die onbekende nagte, dit maak my bang Mag ek jou skuiling leen, want ek en jy is een Jou skaduwee

|